Redenaars-, debat- en dramakursusse
Daar was heelwat navrae oor opleidingsessies vir onderwysers, ouers en leerders in verband met die skryf van die toespraak, die aanbieding en dan ook verskeie dramasoorte.
Ons gaan geen datums vasstel vir spesifieke kursusse nie, maar sou u graag wou hê dat ons een of albei kursus/se by u skool moet kom aanbied, kontak ons gerus. Kursusgeld beloop R70 per persoon en duur ongeveer 90 minute.
Daar moet ‘n minimum van 15 kursusgangers wees.
Ander kursusse…
Die Radikale Redenaar bied ook verskeie ander kursusse aan in samewerking met Ultima Konsultante.
Ons fokus op leierskapidentifisering, leierskapontwikkeling vir leerders; onderrigstyle en dissipline vir opvoeders; en laterale denke, kreatiwiteit, persoonlikheidstyle, spanbou en motivering vir leerders en opvoeders.
Kursusgeld beloop R100 per persoon en duur ongeveer 3 ure.
Vir enige verdere navrae, kontak gerus vir Alta by 082 498 7099, e-pos na alta@radikaleredenaar.co.za