RADIKALE REDENAARSFEES 2011!
Doel
Die RRF streef daarna om vir ALMAL die geleentheid te bied om voor ‘n gehoor op te tree deur ‘n toespraak te lewer. Redenaars op skoolvlak is meer as net praat-kompetisies. Nie net lewer redenaars ‘n positiewe bydrae tot elke spreker se selfvertroue nie en selfkonsep nie, maar dit dra ook tot verbeterde kommunikasievermoëns by.
Wie mag deelneem?
Alle skoliere! Van Graad R leerders tot Graad 12 leerders is welkom om aan die RRF deel te neem. Skole mag enige getal leerders inskryf en daar is geen beperkinge op hoeveel leerders per graad per skool mag deelneem nie. Leerders neem in graadverband deel. Skole mag ook spanredenaars-groepe inskryf.
Temas / Onderwerpe
Die temas en onderwerpe vir alle grade is heeltemal oop. Leerders is meer as welkom om hul ATKV of Super 12 toesprake weer te gebruik, maar kan ook iets nuuts skryf vir die geleentheid.
Die enigste vereiste van die RRF is dat leerders beredeneerbare toesprake moet hê. Die hoofdoel van die praatjie is nie die oordra van kennis nie, maar om die gehoor te oorreed van die spreker se standpunt. Alhoewel beoordeling nie vreeslik streng ten opsigte hiervan sal wees nie, sal leerders wie se toesprake nie beredeneerbaar is nie, wel gepenaliseer word.
Alhoewel toesprake in Afrikaans gelewer moet word, is addisionele-taal sprekers welkom om deel te neem, in ‘n afsonderlike afdeling. Daar is egter ook Engelse afdelings vir Moedertaal en addisionele-taal sprekers asook ‘n tweetalige afdeling.
Afdelings
R01 – Afrikaans Moedertaal
R02 – Afrikaans Addisionele Taal
R03 – Engels Moedertaal
R04 – Engels Addisionele Taal
R05 – Tweetalig (Afr / Eng)
R06 – Afrikaanse Spanredenaars
R07 – Engelse Spanredenaars
R08 – Tweetalige Spanredenaars
R09 – Eksperimentele Afdeling
NUUT!!! R10 - Vermaaklikheidstoesprake
Hoe neem ons deel?
Elke skool vul die inskryfvorm in en faks of e-pos dit aan ons saam met die bewys van betaling, en dan kom neem julle deel!
Die program van die fees is uurliks en daar sal dus nie van leerders verwag word om ooit langer as ‘n uur te sit en luister nie. Na elke groep, m.a.w. elke uur, word die leerders se sertifikate en kommentaar aan hul uitgedeel. Aan die einde van elke provinsie se fees, word ‘n Nasionale semi-finaal, oftewel ‘n Provinsiale Finaal, gehou waar wenners in elke graad en afdeling aangewys sal word. ‘n Nasionale Finaal word dan in September in Pretoria gehou.
Tydsduur vir spreker:
Graad R – 3: Nie langer as 3 minute nie.
Graad 4 – 7: Nie langer as 5 minute nie
Graad 8 – 12: Nie langer as 7 minute nie
Let wel: tyd is slegs aanduiding. Geen tyd word geneem nie.
Inskrywings
Inskryfgelde beloop R50 per leerling en spanredenaars-inskrywing beloop R120 per span.
Bankbesonderhede
DIE RADIKALE REDENAAR
ABSA Tjekrekening # 406 725 2210
Menlyn Tak # 632005
Verwysing: “RRF” + “Skool se naam”
DAGBOEK VIR 2011
Datum |
Streek |
23 Julie 2011 |
Noordwes Finaal: LS Proteapark (Rustenburg) |
| 27 Julie 2011 |
Gauteng Inskrywings sluit |
1-2 Augustus 2011 |
Pretoria: ? |
3-4 Augustus 2011 |
Pretoria: Laerskool Anton van Wouw |
5-6 Augustus 2011 |
Alberton: ? |
10-11 Augustus 2011 |
Pretoria: Laerskool Lynnwood |
12-13 Augustus 2011 |
Boksburg: Laerskool Concordia |
15-17 Augustus 2011 |
Pretoria: ? |
18 Augustus 2011 |
Germiston: ? |
| 19 Augustus 2011 |
Krugersdorp: ? |
| 22 Augustus 2011 |
Pretoria: Laerskool Stephanus Roos |
| 23-25 Augustus 2011 |
Pretoria: ? |
| 26 Augustus 2011 |
Kempton Park: ? |
| 27 Augustus 2011 |
Vereeniging: ? |
| 5-6 September 2011 |
Gauteng Finaal: Hoerskool Oos-Moot (Pretoria) |
16-17 September 2011 |
NASIONALE FINAAL
LAERSKOOL PRETORIA-OOS
|